Elize Davies is in Potchefstroom gebore, het in Durban en Brakpan grootgeword en is terug otchefstroom toe om te leer om ’n tale-juffrou te word. In Vanderbijlpark, waar sy vir baie jare skoolgehou het, het sy haar Engelsman ontmoet. Hulle is na ’n blitsromanse getroud en ná al die jare maak hy nog vir haar die motordeur oop, vryf haar voete wanneer hulle moeg is en dra koffie aan wanneer sy haar stories skryf. Vier kinders, baie vreugde, hartseer, liefde en lewenslesse later, woon sy en haar gesin tans in Skotland en verlang steeds na Suid- Afrika.