Virus

· Penguin Random House South Africa
Էլ. գիրք
116
Էջեր
Կարելի է ավելացնել
Գնահատականները և կարծիքները չեն ստուգվում  Իմանալ ավելին

Այս էլ․ գրքի մասին

Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef… wel, dís die scary deel.Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk.’n Week gelede was Jake nog ’n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in ’n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld ’n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie.In die tradisie van George A. Romero se Living Dead-kultustreffers en zombieflieks soos 28 Days Later en Resident Evil is Jaco Jacobs se Virus ’n opwindende eerste in Afrikaans — ’n aksiebelaaide kombinasie van wetenskapfiksie-jeugroman en strokieskuns. Deur die oë van die sewentienjarige aspirant-strokieskunstenaar Jake kry die leser ’n blik op ’n nagmerriewêreld waar koerantopskrifte oor biologiese oorlogvoering en onbeheerbare virusuitbrake meteens werklikheid word. Die jong kunstenaar Daniël du Plessis se treffende illustrasies verleen ’n besonderse element aan Jake se belewenis van ’n wêreld wat in puin gelê is.

Հեղինակի մասին

Daniël du Plessis is ’n kunstenaar, grafiese ontwerper en illustreerder. Sy stripkuns is in vele plaaslike en internasionale publikasies opgeneem en van sy kunswerke het al in telke uitstallings gehang. Tussendeur sy illustrasiewerk vir plaaslike uitgewers en kunswerke vir uitstallings, gee hy klas by ’n private ontwerpkollege. Hy het ’n groot passie vir boeke, hy versamel graag plaaslike boom- en plantsoorte en het ’n sterk belangstelling in insekte. Hy woon en werk in Pretoria, Suid Afrika, met sy lewensmaat, Yolanda en ’n kat, Busta.

Գնահատեք էլ․ գիրքը

Կարծիք հայտնեք։

Տեղեկություններ

Սմարթֆոններ և պլանշետներ
Տեղադրեք Google Play Գրքեր հավելվածը Android-ի և iPad/iPhone-ի համար։ Այն ավտոմատ համաժամացվում է ձեր հաշվի հետ և թույլ է տալիս կարդալ առցանց և անցանց ռեժիմներում:
Նոթբուքներ և համակարգիչներ
Դուք կարող եք լսել Google Play-ից գնված աուդիոգրքերը համակարգչի դիտարկիչով:
Գրքեր կարդալու սարքեր
Գրքերը E-ink տեխնոլոգիան աջակցող սարքերով (օր․՝ Kobo էլեկտրոնային ընթերցիչով) կարդալու համար ներբեռնեք ֆայլը և այն փոխանցեք ձեր սարք։ Մանրամասն ցուցումները կարող եք գտնել Օգնության կենտրոնում։