Olivia Welgemoed se toekoms lyk rooskleurig: Sy is โn mediese dokter met โn suksesvolle praktyk en verloof aan โn predikant met โn gemeente wat uitsien na โn lojale predikantspaar.
Dan kom haar pa, โn bekende dokter van die Noord-Kaap, skielik tot sterwe. Asof sy nรก โn skeepsramp alleen in โn reddingsboot sit, reik alle hande na haar vir hulp: haar verloofde, haar stiefma, haar stiefbroer en โn gesondheidskliniek wat oorstroom ...
Op haar erfgrond, Koepelplaas, is daar boonop โn vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Hy lyk soos โn boemelaar en word haar grootste probleem.
Beskik Olivia werklik oor die spirituele eienskappe van die berghaan soos wat die mense sรช? En sal sy tussen al haar probleme en verantwoordelikhede kan leer onderskei tussen plig en ware liefde?