’n Fiets vir twee

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 review
eBook
208
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Hy wil berge vir haar versit Terwyl sy met dwalende gedagtes na die fiets-expo trap, beland Benita amper onder Melt se sportmotor. Daar aangekom, val sy flou in die stalletjie wat Melt bestuur. Die oomblik toe hy haar skraal lyfie op die mat sien lê, kruip Benita diep in Melt se hart sonder dat hy dit besef. Hy wil berge vir haar versit, veral wanneer hy besef watter opdraande die lewe haar gee. Maar ten spyte van haar omstandighede is Benita ’n meisie met ’n wil van haar eie. Hy meng sonder verskoning in haar lewe in, tot haar groot ergernis en frustrasie. Haar lewe is moeilik genoeg sonder nog iemand wat dit kom omkrap. Met drie weke oor voor sy op straat beland, doen Benita haar bes om staande te bly. Intussen probeer Melt juis om haar van haar voete af te swiep.

Ratings and reviews

5.0
1 review

About the author

Vir Ilze Beukes is die skryf van liefdesverhale ’n groot droom wat waar geword het en sy lewe vir haar skryftyd. Sy woon op Kroonstad in die Vrystaat waar sy by ’n plaaslike laerskool in die dorp werk. Sy is getroud en het drie kinders – twee getroude dogters en ’n seun wat studeer. Haar hart se punt behoort aan haar vier kleinkinders wat haar lewe verryk. Twee van haar liefdesverhale – Ondersoek my hart en Hart se tweede kans het al by NB Liefdesverhale onder die Hartklop-druknaam verskyn. Sy het ook kinderboeke, kortverhale en gedigte vir laer- en hoërskoolkinders op haar kerfstok. Liefde tussen die duine is Ilze se eerste romanse in die Romanza-reeks.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.