n Nutsman vir Nadia

· Penguin Random House South Africa
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Nadia moet haar oorlede tweelingsussie se baba teen ’n dwelmsindikaat beskerm wanneer die halfmiljoen rand wat haar suster en swaer aan hul verskuldig is, geëis word. In die proses verwar die sindikaat vir Nadia met haar sussie en sy besluit om te vlug.Izabel Blomerus, oftewel Belle, eienares van ’n blommewinkel in Potchefstroom, stoei nie net met die trauma van ’n dronk pa wat haar as kind verwerp het nie, maar ook met ’n eggenoot wat haar vir haar beste vriendin verlaat het. Haar romantiese hart glo egter steeds dat die liefde wel bestaan. Lindi en Jaco is beste vriende. Jaco se sexy broer, Jan-Adriaan Theron, is egter van die opinie dat sy ‘n fortuinsoeker is wat sy broer om die bos probeer lei. Na Jan-Adriaan haar ‘n bevordering kos en haar dan boonop soen dat sy sterre sien, wil Lindi nóg minder met haar beste vriend se ouer broer te doen hê. Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy k om uit ’n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie.

Meer oor die skrywer

Susan Olivier het grootgeword op Boksburg en woon nou al drie dekades in Pretoria. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boek wat sy eendag wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou, kinders gehad en haar eie liefdesverhaal gelewe. Skryf is haar stokperdjie, aangesien sy voltyds werk. Naas skryf, is lees van romantiese en speurverhale haar heerlikste tydverdryf.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-program vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.