’n Nuwe lente

· Penguin Random House South Africa
eBook
178
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Ryk Adriaan Malan het geweet aan watter dogter hy die huis op Uitsig aan die Weskus moet nalaat. JC is die een wat dié afsondering nog altyd waardeer het. Dis hier waar sy gesond wil word, haar vrede wil terugkry. Maar sy moet die huis met die huurder deel – Josua du Toit, met sy donkertes, sy stiltes, sy woede vir die mensdom, die lewe. JC besef mettertyd dat die ware Josua du Toit agter die fasade van onbeskoftheid wegkruip – die afsydigheid is ’n muur, die knorrigheid sy verdediging. Sy stel haar bloot, min wetend hoe groot Josua du Toit se leuen is. En hoe meer dinge inmekaarpas, hoe meer verwar dit haar. Josua is veel meer as ’n surfer met ’n kunstenaarsiel.

About the author

Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barrista tot ’n persoonlike assistant tot ’n boekhouer in ’n bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne ’n geloofwaardige storie liefde saam met ’n geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al ’n paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van ’n student en die ounooi van twee bedorwe honde.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.