Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het nรก haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as โn Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van โn barrista tot โn persoonlike assistant tot โn boekhouer in โn bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings โ onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne โn geloofwaardige storie liefde saam met โn geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al โn paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van โn student en die ounooi van twee bedorwe honde.