Susan Olivier het grootgeword op Boksburg. Volgens haar het sy die ideale kinderjare gehad, want sy kon onophoudelik lees. As tiener het sy gedroom oor die boek wat sy wil skryf. Sy het gaan studeer, getrou en kinders gehad: haar liefdesverhaal gelewe. ’n Dekade gelede het haar eerste liefdesverhaal op die rak verskyn, nog ’n hoogtepunt in haar lewe. Skryf is haar stokperdjie, want sy werk voltyds. Naweke is skryftyd, en niks laat die woorde beter vloei as ’n heerlike cappuccino by haar gunstelingkoffiewinkel nie.