’n Tyd om te dans

· Penguin Random House South Africa
Carte electronică
208
Pagini
Eligibilă
Evaluările și recenziile nu sunt verificate Află mai multe

Despre această carte electronică

Hoekom, God? Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos ’n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.

Despre autor

Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur waar sy naby aan haar Skepper is. Haar dag begin gewoonlik met ’n wandeling deur die denneplantasies. Só voed sy haar siel en kry haar gedagtes vrye teuels om haar stories te beplan. Sy het ’n BCompt-graad (reken­ingkunde) aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi. Haar roeping om liefdesverhale te skryf, sal sy egter vir niks verruil nie. Deur karakters te skep, kry sy kans om in ander mense se skoene te staan. Dit het haar ’n deernis en liefde vir haar medemens gegee en haar geloofslewe verryk.

Evaluează cartea electronică

Spune-ne ce crezi.

Informații despre lectură

Smartphone-uri și tablete
Instalează aplicația Cărți Google Play pentru Android și iPad/iPhone. Se sincronizează automat cu contul tău și poți să citești online sau offline de oriunde te afli.
Laptopuri și computere
Poți să asculți cărțile audio achiziționate pe Google Play folosind browserul web al computerului.
Dispozitive eReader și alte dispozitive
Ca să citești pe dispozitive pentru citit cărți electronice, cum ar fi eReaderul Kobo, trebuie să descarci un fișier și să îl transferi pe dispozitiv. Urmează instrucțiunile detaliate din Centrul de ajutor pentru a transfera fișiere pe dispozitivele eReader compatibile.