PhotoScan is 'n skandeerderprogram deur Google Foto's waarmee jy jou gunsteling- gedrukte foto's met jou foon se kamera kan skandeer en stoor.
Uitstekende gehalte en glansvry
Moenie net 'n foto van 'n foto neem nie. Skep verbeterde digitale skanderings waar jou foto's ook al is.
– Kry glansvrye skanderings met 'n maklike stap-vir-stap-vasvangvloei
– Snoei outomaties op grond van randbespeuring
– Reguit, reghoekige skanderings met perspektiefregstelling
– Slim rotasie sodat jou foto's regop bly ongeag hoe jy hulle skandeer
Skandeer binne sekondes
Vang jou gunsteling- gedrukte foto's vinnig en maklik vas sodat jy minder tyd vir redigering gebruik en meer tyd om na jou slegte haarstyl as kind te kyk.
Veilig en deursoekbaar met Google Foto's
Rugsteun jou skanderings met die gratis Google Foto's-program om hulle veilig, soekbaar en georganiseerd te hou. Gee lewe aan jou skanderings met flieks, filters en gevorderde redigeringkontroles. En deel hulle met enigiemand deur eenvoudig 'n skakel te stuur.
Opgedateer op
24 Jul. 2023