Dina Botha skryf al vir elf jaar liefdesverhale met ’n string titels agter haar naam. Sy verslind al van skool af Ena Murray, Elmar Steyn en ander romanseskrywers, en het na jare se wik en weeg uiteindelik die moed bymekaargeskraap om self te skryf. Vandag is sy een van Romanza se topverkopers met amper negentig titels!