Oe la la, Lulu: 'n Superheld met kolle

· Penguin Random House South Africa
Ebook
72
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil ’n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk — wag maar! Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar groot toekomsdrome. Hulle spot net met haar en laat haar gedurig in die moeilikheid beland. Asof dit nie genoeg is nie, gryp ’n wegholbrak een middag ná skool Lulu se kosbare sketsboek en hardloop daarmee weg. Maar dit is net die begin van ’n holderstebolder-avontuur met ’n hondetrourok, ’n beroemde aktrise en meters en meters van die allermooiste materiaal!

About the author

Elsbeth Eksteen is ’n voltydse beeldende kunstenaar wat in Pretoria woon. Sy put haar inspirasie uit skoonheid in sy vele vorms – die skoonheid van ’n glimlag, die natuur, die skoonheid van ’n mooi rok, en bowenal, die skoonheid binne elkeen van ons. Sy is ook die illustreerder van al die ander boeke in die Lulu-reeks.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.