Hart van papier

· Penguin Random House South Africa
5,0
2 resensies
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Tien jaar gelede in ’n kroeg in New York, het twee jong mans ’n muntstuk gegooi om tussen twee meisies te besluit. John het die stert en die brunette gekry, terwyl sy beste vriend die pragtige blondine, Kate, gewen het. Maar dit was Kate wat John se hart gesteel het, ten spyte daarvan dat sy met sy vriend getrou het. Na haar mislukte huwelik, koop Kate die tweedehandse boekwinkel op ’n klein dorpie in die hoop om New York se stof finaal van haar voete af te skud. Dit vat egter een kersfees terug in die groot stad om dinge weer omver te gooi en ʼn spul ongewensde emosies oop te krap. John besluit om ’n einde aan jare se marteling te maak deur Kate op Ridgeway te gaan sien. Wat hy egter nie besef toe hy vir die eerste keer by Next Chapter instap nie, is dat dit net die begin van die volgende hoofstuk is en dat die liefde nie voorgesê kan word nie.

Graderings en resensies

5,0
2 resensies

Meer oor die skrywer

Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê verskyn in Januarie 2014 en daarna sien vele ander Romanzas, Super-Romanzas en Novelles die lig. Met soveel onvertelde stories in haar kop en hart, hoop sy om nog lank liefdesverhale te skryf. Didi wen in 2018 die ROSA Imbali-toekenning met Liefde vir ’n Ridder en in 2021 vir As dit voel soos Liefde. Didi was ook al drie keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys vir romanse.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.