Brigitte Bonnet, die magtige leidster van die trotse Doelak volk is uiteindelik gevang deur die soldate van die Franse Vreemdelegioen. Vir haar aandeel in die dood van verskeie Legioensoldate, het die Franse Opperbevel besluit dat sy sommer by die Franse fort Dini Salam, in die Sahara woestyn tereggestel moet word. Die blonde Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, wat ’n groot aandeel gehad het in haar gevangeneming, word ook die bitter taak opgelê om deel te neem aan die teregstelling.
Die oggend van haar teregstelling, ontdek kaptein D’Arlan tot sy groot ontsteltenis dat sy spoorloos verdwyn het. Na ’n deeglike ondersoek kry hulle ’n verdagte en kolonel Le Clerq, bevelvoerder van fort Dini Salam, stuur vir kaptein D’Arlan, Teuns Stegmann, Jack Ritchie, Fritz Mundt en Podolski om die verdagte te gaan aankeer en ondervra. Maar dinge loop lelik skeef en hulle word almal ontvoer en in die warm Sahara woestyn ingeneem. Die Arabier wat hulle geskaak het, wil ’n losprys opeis as hy hulle aan madame Brigitte Bonnet gaan oorhandig, maar hy is ook agter die Sabel van Doetra aan, wat se waarde nie eers geskat kan word nie. Hierdie fabelagtige skat het Teuns Stegmann en sy paar boesemvriende in die Legioen, lank gelede by ’n oase versteek, en het die Arabier daarvan te hore gekom.
Op pad na die oase word hulle hele karavaan onverhoeds deur wrede Touaregs aangeval en met die hulp van kaptein D’Arlan en sy manne slaag hulle net-net daarin om die oorhand te kry. Na die kort skermutseling ontdek hulle tot almal se skok dat Teuns Stegmann makeer. As straf neem die Arabierse leier ’n sambok en slaan kaptein D’Arlan se rug rou daarmee. Omrede nie een wil vertel waar die Sabel van Doetra weegesteek is nie, kry hulle geen kos of water en moet voetslaan verder. Na lank daarna word daar deur ’n geheimsinnige ruiter, kort-kort op hulle geskiet en elke keer sterf van die Arabiere. Uit woede word kaptein D’Arlan en Jack Ritchie in die woestyn op die sand oopgespalk en daar gelaat om ’n wrede dood te sterf. Fritz Mundt en Podolski wat oorbly beraam ’n briljante plan en dit gee Fritz die geleentheid om ook te ontsnap en terug te gaan op hul spore, om te sien of hy nie dalk vir kaptein D’Arlan en Jack Ritchie kan gaan red nie.
Met Arabiere kort op sy hakke het Fritz later sy hande behoorlik vol om van hulle ontslae te raak en moet hy al sy vernuf gebruik om te oorleef. By die plek waar kaptein D’Arlan en Jack Ritchie vasgemaak is, kry Fritz slegs die beendere van ’n Arabier, beide manskappe is egter skoonveld! Fritz weet nie herwaarts of derwaarts nie en dan begin iemand skielik weer op hom losbrand. Dit is sy getroue vriend Teuns Stegmann en die het baie goeie nuus vir hom. Met feitlik almal weer bymekaar, beweeg hulle terug na die oase toe, om hulle laaste vriend Podolski, uit die hande van die wrede Arabier te gaan probeer red. Naby die oase waar die Sabel van Doetra weggesteek is, val hulle teen alle verwagtinge weer in die hande van die Arabier en sy makkers. Om dinge te vererger ontdek hulle honderde Doelaks by die oase. Die Arabier wat hulle ontvoer het besluit daar en dan om hulle almal net daar te onthoof en dan die pad te vat, voor die Doelaks van hulle teenwoordigheid naby die oase bewus raak. Dit is dan wanneer Teuns sy laaste troefkaart speel en almal in hulle spore tot stilstand ruk van pure skok en ongeloof...
FRANCOIS ALWYN VENTER - FA VENTER (MEIRING FOUCHE, ELSKE TE WATER, RENE STEGMANN, MARIUS DE JONG)
FA Venter is ’n Hertzog-pryswenner vir literatuur en prosa. Hy is in Hopetown gebore en gradueeer in 1938 aan die Universiteit van Stellenbosch. Die jong FA Venter se skryftalent is vroeg reeds as joernalis waarneembaar en hy skryf ʼn reeks boeke en gedigte wat die Afrikaanse leser diep raak, onder ander sy seminale werke Wit oemfaan, Die middag voel na warm as, Swart Pelgrim, Kambro-kind, Man van Ciréne en Geknelde Land.
FA Venter skryf verder avontuurverhale vir jonger lesers, onder die byname Meiring Fouchè, Elske te Water, Renè Stegmann en Marius de Jong. In sy later jare boer FA Venter in die Kenhardt-distrik en op die plaas Cirène, net buite Vredendal in die Olifantsriviervallei. Dié geëerde en gevierde skrywer bring sy laaste jare in Strand deur en ontvang ook ander belangrike toekennings vir sy werk, onder andere die Ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse, die Andrew Murray prys en ʼn ere-doktorsgraad aan die Universiteit van Port Elizabeth. Hy sterf in 1997.
Francois Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 July 1997) was a prominent Afrikaans writer of the 20th century. His novels explored biblical religious themes or cultural identities in the South African context. He was born in Hopetown and grew up on his parents' farm in the Britstown district. He studied at theUniversity of Stellenbosch and commenced a career as journalist in 1938. For 25 years he worked as a journalist in Cape Town, Pretoria, Windhoek and Johannesburg. He also wrote popular fiction, under the pseudonyms Meiring Fouché, Elske te Water, René Stegmann and Marius de Jongh.
F.A. Venter received the Hertzog Prize for prose in 1976 for his novels Swart Pelgrim and Geknelde land. For Kambro-kind he received the ruitertrofee (equestrian trophy) of the Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse in 1982. In 1981 the University of Port Elizabeth awarded him the honory degree D. Litt in recognition for his writings. In 1996 he received the Andrew Murray Prize for Literature. He was in addition a member of theMaatschappij der Nederlandse Letterkunde (a Dutch society for literature). F.A. Venter died in 1997.
(Info obtained from Wikipedia).
https://www.softcoverbooks.co.
One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.