Google Maps Go is die ligte progressiewe-webappweergawe van die oorspronklike Google Maps-app.
Hierdie weergawe vereis Chrome (as jy nie Chrome wil installeer nie, moet jy pleks daarvan www.google.com/maps in jou blaaier gebruik).
Google Maps Go gebruik 100 keer minder spasie op jou toestel as die volledige Google Maps-app en is ontwerp om glad te werk op toestelle met beperkte geheue en in onbetroubare netwerke sonder om spoed prys te gee om vir jou ligging, intydse verkeersopdaterings, rigtingaanwysings en inligting oor trein-, bus- en publieke stadsvervoer te verskaf. Jy kan selfs inligting oor miljoene plekke, soos foonnommers en adresse, soek en kry.
• Soek die vinnigste roete met motorfietse, moltreine, busse, taxi’s, stap en veerbote ingesluit
• Ry die moltrein, bus of trein met regstreekse skedules vir publieke stadsvervoer
• Stap-vir-stap-rigtingaanwysings met roetevoorskou, wat jou help om jou reise vooruit te beplan
• Kom vinniger daar met intydse verkeersinligting en verkeerskaarte
• Ontdek en verken nuwe plekke
• Soek en kry plaaslike restaurante, besighede en ander plekke in die omtrek
• Besluit op die beste plekke om heen te gaan deur klanteresensies te lees en na foto’s van kos te kyk
• Kry ’n plek se foonnommer en adres
• Stoor plekke wat jy wil besoek of gereeld besoek, en kry hulle later vinnig op jou mobiele toestel
• Beskikbaar in 70+ tale
• Omvattende, akkurate kaarte (insluitend satelliet en terrein) in 200 lande en gebiede
• Inligting oor publieke vervoer vir meer as 20 000 stede
• Gedetailleerde besigheidsinligting van meer as 100 miljoen plekke
____
Word ’n betatoetser: https://goo.gl/pvdYqQ
Opgedateer op
24 Okt. 2023